Die wapen het sy oorsprong
in die familieskild van Baron Pieter van Reede van Oudtshoorn,
'n edelman uit die tweede helfte van die 18de eeu en
aangewese goewerneur van die Kaap. Hy is egter oorlede
voordat hy sy amp hier kon aanvaar.
Die drie horings is nie kruithorings
soos algemeen aanvaar word nie, maar jaghorings. Vroeër
is jaghorings onder meer gebruik om mense byeen te roep
vir belangrike aankondigings, soos byvoorbeeld die aankoms
van die poskoets. Die jaghorings was dus die draer van
'n boodskap. Die boodskap wat die jaghorings in ons geval
is die leuse van die skool:
PER
LABOREM AD ASTRA
Deur
harde werk (arbeid) sal groot hoogtes (sukses) bereik
word
Die wapen is tussen vier en
vyf eeue oud. Dit is 'n kosbare erfstuk en is bes moontlik
die oudste, in sy oorspronklike vorm, deur enige skool
in die Republiek in gebruik geneem.