| Dit is ‘n algemeen
aanvaarbare feit dat opvoedkundige inrigtings, waarvan Hoërskool
Oudtshoorn een is, vandag op ‘n suiwer besigheidsgrondslag bedryf
moet word. Finansies en opvoedkunde is onlosmaaklik en die mate waartoe
finansies beskikbaar is, bepaal die stand en vooruitgang van die inrigting,
in hierdie geval, Hoërskool Oudtshoorn.
Die Towers Trust gaan hom uitsluitlik daarop toespits om in samewerking
met die Struisiebond aktiewe bemarking te doen onder oudleerders
wat plaaslik, nasionaal en internasionaal woonagtig is. Eerstens
om belangstelling aan te wakker in die doen en late van Struisieland
en tweedens om finansiële betrokkenheid te verkry wat aangewend
kan word tot die ontwikkeling en welsyn van die leerders van Hoërskool
Oudtshoorn.
Die Towers Trust is uitstekend geposisioneer om hierdie taak te
verrig. Fondse sal deur die Raad van Trustees beheer word, wat op
sy beurt weer deur ‘n eksterne ouditeur gekontroleer sal word.
‘n Bemarkingshoof is op ‘n voltydse basis in diens van
die Towers Trust met die uitsluitlike doel om die bemarkingsaksies
van stapel te stuur.
Hierdie ambisieuse projek se sukses sal afhang van die erns waarmee
die oudleerders in hierdie inisiatief sal inkoop en so die Raad
van Trustees en Struisieland behulpsaam sal wees.
Kontak asseblief die bemarkingskantoor by Hoërskool Oudtshoorn
en help ons om Hoërskool Oudtshoorn ‘n wêreldspeler
in onderrig te maak. |