Wie/Wat is die Struisiebond?
Die ondersteunersbond van Hoërskool Oudtshoorn.
 
Wie kwalifiseer vir lidmaatskap?
Oud-skoliere, voormalige en huidige onderwysers, voormalige en huidige ouers, asook enige ondersteuners wat vanweë spontane lojaliteit en 'n spesiale verbintenis met Hoërskool Oudtshoorn by die Struisie-ondersteunersfamilie tuis voel. Baie belangrik: Ons beskou skoliere van die voormalige Boys` High en Girls` High (uit die era voor 1963) as volbloed-oudskoliere!
 
Waarom 'n Struisiebond (Oogmerke)
Vir 'n trotse, tradisieryke skool soos Hoërskool Oudtshoorn is dit belangrik dat 'n gesonde, georganiseerde en dinamiese tweerigting-kommuikasiekanaal TUSSEN HOMSELF EN ELKEEN VAN SY ONDERSTEUNERS (ook die wat ver is) moet bestaan. Eweneens is dit 'n skool van dié statuur se plig om as onderlinge skakelmeganisme TUSSEN SY ONDERSTEUNERS te dien.
 
Watter voordele hou die Struisiebond vir sy lede in?
  • Een nuusbrief per semester (Verneem alles oor huidige en voormalige Struisies)
  • Een jaarblad per jaar (op aanvraag)
  • Jaarlikse reünies word georganiseer vir bepaalde oud-matriekklasse (by die skool).
  • Oudleerders word vereer op grond van prestasies
  • Spesiale dienste aan lede, bv akkommodasiereëlings tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees
  • Struisiebondbaadjie?
 
Struisiebondbestuur:
Voorsitter - Manie Olivier
Ondervoorsitter - Phillip Meyer
Sekretaris (Sportbestuur) - Joènie Vivier
Addisionele lede - Johan Claassen, Ferdie Human, Dave van der Walt, Bernard le Roux, Pierre Jordaan,
Theo Botha,Gerrit Rudolph, Herman Marais, Johan Marais
 
Hoe maak ek kontak met die Struisiebond?
Telefoon: 044- 279 1623 Faks: 044- 272 5365

Epos: struisiebond@oudhs.wcape.school.za

Posadres:
Struisiebond
Posbus 194
Oudtshoorn
6620

 
Wat word in die toekoms van 'n trotse, lojale, getroue, aktiewe Struisiebondlid verwag?
  • Sluit aan deur registrasievorm te voltooi en 'n minimale fooi te betaal
  • Lees asseblief alle nuusbriewe wat u ontvang
  • Stuur enige nuus in verband met uself of oudleerders/-onderwysers aan ons vir publikasie in die Struisiebond-nuusblad. byvoorbeeld prestasies/toekennings/verwerwing van grade of diplomas.
  • nuuswaardige projekte aangepak, ensovoorts.
  • Stuur aan ons die name van potensiële Struisiebondlede wat nog nie deur ons bereik is nie.
  • Stuur aan ons foto´s uit u skooldae. Ons sal dit kopieer en aan u terugbesorg.
  • Reageer asseblief op uitnodigings na reünies. Doen u uiterste bes om dit by te woon!
  • WEES 'N AMBASSADEUR EN VERKOOP U ALMA MATER AAN DIE WêRELD DAARBUITE!
  • WELKOM BY DIE STRUISIEBOND-FAMILIE!