| STUISIEDAG/KWAGGADAG
- Historiese terugblik |
| |
| Gedurende
die eesrste twee jaar na die amalgamasie van die
eertydse Hoër Seun- en Hoër Meisieskool
op Oudtshoorn in 1963, het het slegs die normale
ligawedstryde tussen Hoërskool Oudtshoorn en
Hoërskool Outeniqua plaasgevind. |
| |
| In
1965 het die interskolekragmeting, STUISIEDAG/KWAGGADAG,
soos ons dit tans ken, ontstaan. Dit is die 43ste
jaar van hierdie stryd tussen Oudtshoorn [Stuisies]
en George [Outeniqua] wissel.Dit maak dit die oudste
interskole in die SWD. |
| |
| STUISIEDAG/KWAGGADAG
het in 2005 in 'n nuwe dimensie inbeweeg toe dit
deel geword het van die gesogte FNB CLASSIC CLASHES-reeks.
Dit is verlede jaar op George aangebied en in 2008
is dit die beurt van Hoërskool Oudtshoorn om
dit aan te bied. |
| |
| Heelwat
latere Springbokke het hulle lywe vir hulle Alma
Mater gedurende STUISIEDAG/KWAGGADAG op die spel
geplaas. Hier dink ons dadelik aan André
Bestbier en Barry Wolmarans [Struisies], Johan Heunis
en Marko Wentzel [Kwaggas]. |
| |
| Hierdie
besondere interskole-sportgeleentheid is deur die
jare gekenmerk deur puik sportsmansgees en groot
entoesiasme. Die treinrit wat sommige jare onderneem
is, het net meegehelp om die groot entoesiasme wat
daar onder leerders, ouers, personeel en oud-skoliere
heers, verder uit te brei. Dit word ondertreep deur
die belangstelling vir die jaarlikse oud-skolierewedstryd
tussen Struisies en Kwaggas. |
| |
| Wen
of Verloor, aan van die dag se program, is almal
altyd bly om te kon deel hê aan die grootste
stryd tussen twee gesogte, tradisionele skole. |
| |