Leerders word vir mededinging
in die volgende sportsoorte afgerig:
Atletiek
Rugby
Gholf
Tweekamp
Krekiet
Swem
Netbal
Tennis
Hokkie (dogters)
Hokkie (seuns)
Onderwysers rig die leerders
in hierdie sportsoorte af en deeglike toesig word gehandhaaf. Ons
moedig leerders aan om sover moontlik aan een somer- en een wintersport
deel te neem.
Landloop word nie formeel
as 'n skoolsport afgerig nie, maar in die geval van gemotiveerde,
talentvolle langafstandatlete word daar ruim geleentheid vir deelname
geskep. 'n Skakelonderwyser sorg vir dié organisasie.