Ten einde die normale vordering van 'n leerder te verseker, is gereelde skoolbywoning noodsaaklik. Derhalwe moet daar noukeurig op die volgende gelet word:

 
  1. Afsprake van enige aard tydens skoolure word ontmoedig.
  2. Indien 'n leerder nie die skool kan bywoon op 'n bepaalde dag / dae nie, moet die skoolhoof gekontak word en 'n mediese sertifikaat by sy / haar registeronderwyser ingelewer word.
  3. Dit word vereis dat leerders die skool tot op die laaste dag van die kwartaal sal bywoon. Leerders wat op die laaste dag sonder verlof van die skoolhoof afwesig is, ontvang nie 'n rapport nie.