Geagte Ouers
Hoërskool Oudtshoorn bied aan u kind 'n akademiese tuiste
by uitstek. In ons opvoedingsbenadering strewe ons egter na
balans - derhalwe word daar ook op kulturele en sportgebied
vir ons kinders geleenthede geskep om op 'n hoë vlak
kompeterend te wees.
Om ons poging in sy geheel te laat slaag, moet daar goeie,
deurlopende kontak tussen skool en ouerhuis wees. Dit word
bewerkstellig deur verskeie kanale wat deur die skool geskep
is. Te midde hiervan handhaaf Hoërskool Oudtshoorn 'n
sterk opedeur-beleid en word ouers aangemoedig en uitgenooi
om ons so gereeld as wat nodig is, te kontak. Probleemgevalle
is altyd welkom, maar net so ook positiewe kommentaar, want
dit motiveer ons as personeel om nog beter diens te lewer.
Ondersteun asseblief ons skool en u kind by funksies en sportbyeenkomste.
Ons sal u teenwoordigheid altyd waardeer.
Met geloofsvertroue sal ons as personeel in die voetspore
van die Groot Leermeester poog om die belange van u kosbaarste
besitting na die beste van ons vermoë te bevorder.
By voorbaat welkom in Struisieland!
J. J. Claassen
Skoolhoof |