Girls' High
 
 
Girls High Reünie 2-4 October 2009
 
 
 
Girls High Reunion Media August 2008

ONS SOEK ALLE GIRLS' HIGH OUDSKOLIERE EN ONDERWYSERS

Die bal is die afgelope week aan die rol gesit om 'n GROOT reünie vir alle Girls' High oudskoliere en onderwysers op 2-4 Oktober 2009 op Oudtshoorn gehou gaan word. Die was die nadraai van die bymekaar-kom van 15 "Old Girls' Highers" by die CP Nel Museum om gestalte te gee aan die projek om ook die geskiedenis van dié beson-dere skool daar uit te beeld. Die opgewondenheid het geborrel en die nadraai is die reünie volgende jaar wat hopelik gaan saamval met die amptelike opening van die uitstalling in die CP Nel Museum.

Hazel [Gibson] Jonker vat voor met die projek en sy versoek asseblief dat ALLE dames wat daar op skool was [hoef nie noodwendig daar gematrikuleer het nie], met die onderstaande kontakpersone in aanraking kom sodat hulle kontaknommers en -adresse gekry kan word. Indien enigeen egter weet van so 'n persoon, kan u gerus ook die kontakpersone daarvan laat weet.

Kontakpersone:
Hazel [Gibson] Jonker 0826518037 / hazel@opsa.co.za
Dave van der Walt 082-7734901 / dave@oudhs.wcape.school.za


Girls High Reunion Media July 2008

Vir baie jare is Boy's High School op Oudtshoorn se geskiedenis pragtig in die CP Nel museum uitgebeeld en het baie oudskoliere dit besoek. Ongelukkig kan dieself-de nie van Girl's High gesê word nie. Daar word tans met Sandra Smit van die CP Nel museum onderhandel vir uitstalruimte om reg te laat geskied aan die kleurvolle geskiedenis van hierdie besondere opvoedkundige inrigting wat 'n groot rol in die geskiedenis van Oudtshoorn gespeel het.

Die groot dryfveer agter hierdie projek, is Hazel [Gibson] Jonker. Sy beplan om 'n komitee op die been te bring om hierdie projek te bestuur. Hulle beoog ook om in 2009 'n reünie te hou.

Sy versoek graag alle oudleerders, oudleerkragte en belangstellendes om met haar kontak te maak. Hulle is veral opsoek na items wat in die museum uitgestal kan word. Klere, boeke, bekers, foto's, staaltjies en enige bydrae sal baie hoog op prys gestel word.

Hazel kan gerus geskakel word by 082-6518037 of hazel@opsa.co.za. Indien u weet van enige kinders of kleinkinders wat 'n bydrae kan lewer, kan u gerus vir Hazel kontak. Alle belangstellendes word genooi na 'n informele byeenkoms om dié projek te bespreek.

Die besonderhede is as volg:
Datum: Dinsdag, 19 Augustus 2008
Tyd: 17:00 vir 17:30
Plek: Rembrandtsaal, CP Nel Museum
Kontakpersone:
Hazel [Gibson] Jonker 0826518037 / hazel@opsa.co.za
Dave van der Walt 082-7734901 / dave@oudhs.wcape.school.za