'n DEEGLIKE AKADEMIESE OPLEIDING is ons prioriteit. Ons is bewus daarvan dat kinders baie verskil t.o.v. vermoë, belangstelling en toekomsplanne. Daarom maak ons vir elkeen voorsiening in ons baie wye vakkeuse, groot verskeidenheid vakke en die keuse om dit op hoër- of standaardgraad te neem. 'n Vakkeuse wat toelating tot enige studierigting / beroep verleen, is moontlik. Verskeie verkenningsvakke word in grade 8 en 9 aangebied ten einde die leerder in staat te stel om 'n sinvolle vakkeuse vir grade 10 tot 12 te maak. In grade 8 en 9 word ook kursusse in Duits,Visuele Kuns, Musiek, Fotografie en Toerisme aangebied.

 

VOO KURRIKULUM VIR GRAAD 10-12 SOOS INGEFASEER
 
FUNDAMENTELE VAKKE (Verpligtend) :
 
  • Huistaal [Afr of Eng]
  • Eerste Addisionele Taal [Afr of Eng]
  • Lewensorientering
  • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
 
KEUSEVAKKE:
 
  • Rekeningkunde
  • Verbruikerstudies
  • Visuele Kunste
  • Musiek
  • Besigheidstudies
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Natuurwetenskappe
  • Lewenswetenskappe
  • Duits
  • Inligtingstegnologie
  • Geografie
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp
  • Grafiese Ontwerp
  • Toerisme
  • Produkontwerp